Die geboortedatum van Christus as ’n historiese probleem
F.P Retief, J.F.G Cilliers, M.J.H Hoffman
Abstract
Pogings in die verlede om die geboortedatum van Christus vas te stel, het daartoe gelei dat datums so vroeg as 20 v.C. maar ook so laat as 2 n.C. voorgestel is. In hierdie artikel word die beperkte primêre historiese bronne noukeurig ontleed en kontemporêre interpretasies daarvan krities in oënskou geneem. Sterrekundige aspekte rakende die sogenaamde “ster van Betlehem” word ondersoek ten einde vas te stel in watter mate dit kan bydra tot ’n akkurater vasstelling van Christus se geboortedatum.
Hierdie ondersoek lei tot die gevolgtrekking dat die geboortedatum van Christus in 5 v.C. of 6 v.C. (tussen Maart en November) vasgestel moet word.
Hierdie ondersoek lei tot die gevolgtrekking dat die geboortedatum van Christus in 5 v.C. of 6 v.C. (tussen Maart en November) vasgestel moet word.
Full Text:
EMAIL FREE FULL TEXT
DOWNLOAD FREE FULL TEXT
Acta Theologica. ISSN: 1015-8757