Main Article Content

Thusa Phase II: The design of a nutrition intervention education programme


LA Greyvenstein
SM Hanekom
KS Kruger
GM Reitsma

Abstract

Hierdie artikel bespreek die multidissiplinêre en multimetodologiese navorsingsproses wat vir die ontwikkeling van ‘n voedingsintervensie-opvoedingsprogram gebruik is. Die navorsing het
tien stappe behels, insluitende kwalitatiewe en kwantitatiewe metodologie. ‘n Literatuurstudie en ‘n gemeenskapsprofielstudie is uitgevoer, vraelyste is bestudeer, en fokusgroepbesprekings, waarneming en konsultasie is gedoen. Die voedingsintervensie-opvoedingsprogram berus op die data wat ingesamel is. Agt eenvoudige voedingsboodskappe is geformuleer om die probleme van mikronutriëntondervoeding asook
-oorvoeding wat met vetsug geassosieer word in ‘n lae-inkomstepopulasie aan te spreek. Implementerings- en evalueringsriglyne is beplan om ‘n betekenisvolle verskil in die eetpatrone van die Tswana-bevolking in die Noordwes- Provinsie te maak.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254