Main Article Content

The Housing Development NGOs offering Housing Education and Training Programmes in South Africa


W Lombard
R van Wyk

Abstract

Die artikel beskryf nie-regeringsorganisasies wat
behuisingsopleidingskursusse in Suid-Afrika aanbied.
Dit argumenteer ook dat Verbruikerswetenskaplikes
‘n rol in hierdie verband het om te speel.
Volhoubare behuisingsonwikkeling behels die
fisiese lewering van huise, sowel as die ontwikkeling
van die kapasiteit van gemeenskappe, die uitbreiding
van geleenthede vir plaaslike ekonomiese
ontwikkeling en die daarstelling of versterking van
gemeenskapsorganisasies. ‘n Twee-stap steekproefproses is gebruik om die relevante
nie-regeringsorganisasies te identifiseer.
Fokusonderhoude is as navorsingstegniek gebruik
om ‘n kwalitatiewe beskrywende studie van die relevante
nie-regeringsorganisasies te doen. Slegs elf nie-regeringsorganisasies is in Suid-Afrika gevind wat gestruktureerde behuisingsopleiding verskaf as deel van hul behuisingsprojekte. Hierdie organisasies is ongelyk versprei in die verskillende provinsies van Suid-Afrika en is meestal slegs in stedelike gebiede werksaam.
Al elf die nie-regeringsorganisasies bied behuisingsopleiding sowel as gemeenskapsorganisasieontwikkelingsprogramme
vir gemeenskappe aan. Slegs vier van die organisasies bied behuisingsopleiding vir gemeenskapsbehuisingsadviseurs aan,
wat weer geleenthede vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling aan die gemeenskap bied. Om te verseker
dat behuisingsontwikkeling in gemeenskappe
volhoubaar is, behoort meer geleenthede vir plaaslike
ekonomiese ontwikkeling by projekte ingesluit
te word.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254