Main Article Content

Die onderwysersgids as ondersteuningsinstrument binne die handboekgedrewe KABV-kurrikulum


A Engelbrecht

Abstract

Die rol van die onderwysersgids binne verskillende Suid-Afrikaanse taal-kurrikula word in hierdie artikel ondersoek. Die konseptuele raamwerk waarvan in hierdie artikel uitgegaan word, is Pedagogiese Geletterdheid (Sale 2006) wat ‘n empiriese raamwerk daarstel wat op eklektiese wyse elemente van verskillende leerteorieë effektief saam gebruik. Die navorsingsmetode is ‘n inhoudsanalise van een KABV-onderwysersgids (Afrikaans Huistaal) om vas te stel hoe die kernbeginsels van goeie onderrigpraktyk in die onderwysersgids manifesteer, al dan nie. Die studie bevind dat, ten spyte van ‘n voorskriftelike kurrikulum, die on-derwyser wel weens die bemiddeling van die onderwysersgids op eklektiese wyse sy/haar eie stem kan vind (en tog aan die kurrikulumvereistes voldoen). ‘n Leerdergerigte, sukses-georiënteerde inslag is deurgaans teenwoordig terwyl die organisatoriese en administratiewe strukture in die onderwysersgids die druk op die onderwyser verlig en hom/haar in staat stel om te kan konsentreer op kommunikatiewe onderrig in die klaskamer.

Sleutelwoorde: KABV-onderwysersgids, Afrikaans Huistaal, pedagogiese geletterdheid, inhoudsanalise


Journal Identifiers


eISSN: 2958-9320
print ISSN: 0259-9570