Main Article Content

Die onderrig van argumentvaardighede in ʼn akademiese skryfkursus vir eerstejaars: ʼn Beste praktyk-beskrywing


M Taljard

Abstract

Die doel van hierdie artikel is om ʼn praktykgebaseerde onderrigmodel aan die hand te doen vir die doeltreffende lees en skryf van akademiese tekste binne die beperkinge wat baie universiteitsroosters stel. In die beskrywing van ʼn onderrigmetode wat in die praktyk goeie resultate met die skryf van argumentatiewe tekste deur eerstejaarstudente opgelewer het, word hoofsaaklik van praktyk-geleide navorsing ondersteun deur praktykgebaseerde navorsing en refleksiewe praktyk as navorsingsmetode gebruik gemaak. Die onderrigstrategie wat in hierdie artikel as beste praktyk uiteengesit word, is daarop gemik om eerstejaarstudente bewus te maak van bepaalde generiese akademiese skryfkonvensies wat hulle in hulle eie skryfwerk kan toepas. Verder lei dit studente om sinvolle en doeltreffende strategieë te ontwikkel om vakkundige tekste te lees en te beoordeel én om self logiese argumente te beplan en te skryf.

Trefwoorde: Akademiese Geletterdheid, Leesonderrig, Skryfonderrig, Argumentvoering


Journal Identifiers


eISSN: 2958-9320
print ISSN: 0259-9570