Main Article Content

Dalende akademiese geletterdheidsvlakke: Feit of fiksie?


T van Dyk
F van der Slik

Abstract

Hierdie artikel lewer verslag oor ’n empiriese ondersoek wat onderneem is om te bepaal of daar ’n daling in die akademiese geletterdheidsvlakke van eerstejaarstudente in Suid-Afrika is aangesien dit die indruk is wat geskep word deur die populêre media sowel as wetenskaplike publikasies. In 2007 het Van der Slik en Weideman in ’n soortgelyke ondersoek bevind dat daar nie ’n daling in geletterdheidsvlakke onder eerstejaarstudente te bespeur is nie. Daar was egter beperkinge aan die genoemde ondersoek en vir doeleindes van hierdie artikel is daar gepoog om enkele van hierdie
beperkinge aan te spreek. Die Toets van Akademiese  Geletterdheidsvlakke (TAG) is as meetinstrument gebruik en ’n analise van variansie (ANOVA) is as statistiese tegniek aangewend. Die analises het in teenstelling met die 2007-studie wel ’n daling aangetoon, ondanks die feit dat dit nie besonder groot is nie. Hierdie artikel lewer dus nie net ’n bydrae tot die diskoers oor deurvloeikoerse en  eerstejaarsondersteuning in Suid-Afrika nie. Dit kan ook gebruik word as bron vir ingeligte besluitneming oor kwessies soos taalbeplanning en taalondersteuning. Sleutelwoorde: akademiese geletterdheid, taaltoetsing, daling, standaarde, deurvloeikoerse, taalbeplanning en taalondersteuning

 

This article reports on an empirical study undertaken to determine whether a decline is evident in the academic literacy levels of first year students in South Africa as this is the impression often created by the popular media and scientific publications. In a similar study in 2007, Van der Slik and Weideman found no evidence of a deterioration of literacy levels. There were, however, limitations to their investigation and for purposes of this article some of these limitations were addressed. The Toets van Akademiese Geletterdheidsvlakke (TAG) was used as measuring instrument and an analysis of variance (ANOVA) employed as statistical technique. The analyses, in contrast to the 2007 study, indicate a decrease, albeit not substantive. This article thus not only contributes to the discourse on throughput rates and first year support in South Africa. It could also be used as a source of information for informed decision
making on issues such as language planning and language support.


Journal Identifiers


eISSN: 2958-9320
print ISSN: 0259-9570