Main Article Content

Prysverlagings op voorraad met 'n dalende vraag


SE Visagie

Abstract

Hierdie artikel stel 'n heuristiese benadering voor om die verliese op voorraad met 'n dalende vraag en onbekende tydshorison te minimeer. Die twee metodes wat voorgestel word, gebruik 'n benaderde vraagkromme om die verwagte verliese te voorspel. Albei heuristieke gebruik hierdie vooruitskatting om te bepaal wanneer die prys van items in voorraad afgemerk moet word ten einde verkope te versnel om verliese te vermy wat as gevolg van lang omsettye ontstaan. 'n Gevallestudie wat die werklike data van 'n CD-winkel simuleer, word gebruik om die twee heuristieke se prestasie relatief tot die huidige afmerkstrategie van die bestuur te meet.

Sleutelwoorde: voorraad, oorbodigheid, periodiese pryshersienings, pryselastisiteit, simulasie, heuristiek

ORiON: The Journal of ORSSA Vol. 20(2) 2005: 125–142

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0004
print ISSN: 0259-191X