Die volwassenheid van die bourekenaar se kontraktuele kommunikasievermoë

  • F Berry
  • B Verster
Keywords: Communication maturity, communication capabilities, contractual communication, quantity surveyor, South Africa

Abstract

Die doel van hierdie artikel is om die beginsels wat die bourekenaar ondersteun om kontraktueel effektief te kommunikeer, te identifiseer en te meet om die standaard van die volwassenheid van die bourekenaar se bourekenkundige kontraktuele kommunikasie te bepaal. Hierdie artikel vorm deel van ’n volledige studie oor bourekenkundige kommunikasie in die konstruksiebedryf en word aspekte soos mondelinge, skriftelike, elektroniese en leierskapkommunikasie elders aangespreek.
Die ondersoek is gedoen onder praktiserende bourekenaars, argitekte, ingenieurs, kliënte en aannemers, gekies uit al 9 provinsies van die Republiek van Suid-Afrika. Die vraelys is in 2010 uitgestuur en is ook in dieselfde jaar terug ontvang. Die vraelys is per e-pos gesirkuleer met die doel om die beginsels wat die bourekenaar ondersteun om kontraktueel effektief te kommunikeer, te meet volgens die volwassenheidsnorm wat vir die bourekenaarstandaard teenoor die norm wat vir die wêreldklasstandaard geld.
Die resultate van die respondente het die volgende aangewys as beginsels in kontraktuele kommunikasievolwassenheid gemeet aan die bou-rekenaarstandaard: kontraktueelbindend, billikheid, effektiwiteit/afdwing-baarheid en ondubbelsinnigheid waar kontraktueelbindend die mees positiewe en ondubbelsinnigheid die mins positiewe waarderingsuitslag gelewer het.

Sleutelwoorde: Kommunikasievolwassenheid, kommunikasievermoë, konktraktuele kommunikasie, bourekenaar, Suid-Afrika

The aim of this article is to identify principles that support the quantity surveyor to communicate effectively in contractual communication and measure these principles to determine the maturity standard of the quantity surveyor’s quantity surveying contractual communication. This article forms part of a more comprehensive study on quantity surveying communication in the construction industry, and aspects such as oral, written, electronic and leadership communication have been addressed elsewhere.The survey was conducted among practising quantity surveyors, architects, engineers, clients and contractors chosen from all 9 provinces of South Africa. The questionnaire was distributed to, and returned by respondents in 2010. The questionnaire was circulated by means of e-mail for the purpose of measuring the principles that support the quantity surveyor to communicate effectively in contractual communication according to the quantity surveying standard vs the worldclass standard.
The results of the survey indicated that respondents identified the  following principles as important in contractual communication maturity measured against quantity surveying standard: contractual binding, reasonableness, effectiveness/enforceability and unambiguousness, where contractual binding showed the most positive and unambiguousness the least positive valuation result.

Keywords: Communication maturity, communication capabilities, contractual communication, quantity surveyor, South Africa

Full Article in Afrikaans

Published
2013-09-11
How to Cite
BerryF. and VersterB. (2013) “Die volwassenheid van die bourekenaar se kontraktuele kommunikasievermoë”, Acta Structilia, 20(1), pp. 111-125. Available at: https://www.ajol.info/index.php/actas/article/view/94084 (Accessed: 26January2021).
Section
Articles

Journal Identifiers


eISSN: 2415-0487
print ISSN: 1023-0564