Main Article Content

Ter wille van ’n stabiele familie: die literêre konteks van Levitikus 18:22 en 20:13


M.D Terblanche

Abstract

’n Nuwe kommentaar op die boek Levitikus verskyn in 1993 as deel
van die bekende Das Alte Testament Deutsch. Dié kommentaar deur
Erhard Gerstenberger verskil in velerlei opsigte van dié van Martin Noth wat 31 jaar tevore as deel van dieselfde reeks verskyn het. So gee Gerstenberger (1996:297-299) uitvoerig aandag aan die prohibisie teen homoseksuele praktyke in Levitikus 20:13. Dit is in skerp teenstelling met Noth, wat nouliks op die betrokke prohibisie ingaan. Die invloed van ’n kontemporêre konteks waarin die kwessie van homoseksualiteit nie alleen hoër prioriteit geniet het nie, maar homoseksuele praktyke ook meer aanvaarbaar geword het, blyk duidelik uit Gerstenberger se bespreking. Hoe belangrik die kontemporêre
konteks waarin interpretasie geskied ook al mag wees, is die verrekening van die literêre konteks van ’n teks onontbeerlik.

Journal Identifiers


eISSN: 2309-9089
print ISSN: 1015-8758