Main Article Content

Die prediker as preek basisteoretiese perspektiewe uit handelinge


C.J.H Venter
H.K Kim

Abstract

Vanuit ’n pneumatologiese vertrekpunt, waarin die roeping, vervulling en aanstelling deur die Heilige Gees in fokus gebring word, word hierdie onderwerp nader bestudeer. Die kernvraag handel oor die kongruensie tussen wat die bedienaar preek en hoe hy lewe. Die volgende inhoudelike aspekte uit die boek Handelinge word ontgin: passie van die prediker om as preek te lewe, innerlike getrouheid en integriteit om God se heilsplan te verkondig, nederigheid, moed en vrymoedigheid om te dien, bereidheid om lyding vir die evangelie te verdra en te vervul, absolute gehoorsaamheid aan God en heilige verontwaardiging waar sy eer nie gehandhaaf word nie. Nederigheid in sy gebedslewe en toewyding in en oopstelling van sy eie gemoed in sy bestudering van die Woord, bevorder kongruensie tussen prediker en preek.

Journal Identifiers


eISSN: 2309-9089
print ISSN: 1015-8758