Main Article Content

Religieuse pluraiteit en waarheid: die hoofstroom christelike respons


D.J Louw

Abstract

Ons kleiner wordende wêreld konfronteer ons met ’n pluraliteit van godsdienste en ’n daarmee korrelerende pluraliteit van aansprake op “waarheid”. Hoe moet ons hierdie aansprake evalueer? Die antwoord wat die meeste Christene op hierdie vraag gee, ossilleer tussen eksklusivisme en inklusivisme. Hierdie standpunte word krities bespreek aan die hand van Karl Barth (konserwatiewe eksklusivisme), Hendrik Kraemer en Emil Brunner (liberale eksklusivisme) en Karl Rahner (inklusivisme). Daar word tot die slotsom gekom dat die standpunte van sowel die eksklusivis as die inklusivis uiteindelik mank gaan aan die subjektiewe willekeur wat hulle juis wou vermy.

Journal Identifiers


eISSN: 2309-9089
print ISSN: 1015-8758