Main Article Content

Die betekenis en funksie van die himnes in Openbaring 4-11


FP Viljoen

Abstract

Die vertelling van die gebeure in Openbaring 4-11 kon waarskynlik in die uiterste sin sonder die himnes geaktualiseer gewees het. Die totale kommunikatiewe en estetiese effek kon egter nie daarsonder bereik word nie. Die intrige ontwikkel binne 'n sterk liturgiese konteks. Die himnes maak 'n appél op die veronderstelde lesers om nie 'n passiewe rol te speel nie, maar baie aktief deel te neem. Die himnes bied bemoedigende woorde en deurgaans die scenario van die finale oorwinning, een waarin die veronderstelde lesers 'n aktiewe rol speel. Daarom funksioneer die himnes deurgaans terapeuties. Die himnes handel oor die tema van die soewereiniteit van God en die Lam, sy koms om te oordeel en die vestiging van die koninkryk waarin die gelowiges 'n plek kry. Die himnes bied kommentaar op die intrige van Openbaring en bied belangrike informasie wat die leser help om sin te maak uit die ontwikkeling van die gebeur. Die gebruik van die himnes in Openbaring bied bruikbare riglyne vir die gebruik van liedere in die liturgie vandag.


The meaning and function of the hymns in Revelation 4-11


The plotted actions in Revelation 4-11 could be actualised in the strict sense without the hymns, but the total communicative and esthetic effect could not be achieved without them. The plot develops in a strong liturgical context. The hymns summon the implied readers not to play a passive role, but rather an active one. The hymns are reassuring, constantly representing a scenario of final victory, one in which the implied reader plays an active role. The hymns are thus therapeutic throughout. They revolve around the theme of the sovereignity of God and the Lamb, his coming in judgement and the establishment of the kingdom of the saints. The hymns comment on the plot of the Apocalypse and provide important information which helps the reader to decipher the ensuing events. The hymns in Revelation provide useful guidelines for the use of songs in the liturgy.


Keywords: Lofprysing, Erediens, Himnes, Narratief, Openbaring 4-11, Worship, Worship services, Hymns, Narrative, Revelation 4-11


Acta Theologica Vol.22(1) 2003: 213-237

Journal Identifiers


eISSN: 2309-9089
print ISSN: 1015-8758