Main Article Content

Wanneer jongmense hoop verloor: 'n pastorale perspektief op die selfmoordkontemplerende adolessent: research


AR Brunsdon
J Janse van Rensburg

Abstract

When young people lose hope a pastoral perspective on the adolescent contemplating suicide


Suicide among adolescents is escalating in Western societies. It is surmised that the development towards adolescence as well as the fast-changing living environment of adolescents in South Africa are conducive to the hopelessness and despair among young people contemplating suicide. As suicide manifests itself over time, this phenomenon should, however, leave room for therapeutic intervention. Pastoral therapy has access to Biblical paradigms, which are highly reconcilable with hopelessness and despair. A covenant-driven pastoral approach could serve as an example of the contribution which pastoral therapy could make towards combating this destructive phenomenon.


Selfmoord onder adolessente neem toe binne Westerse samelewings. Die vermoede bestaan dat adolessensie as ontwikkelingsfase iets hiermee te make het. Die vermoede bestaan voorts dat die snel veranderende leefomgewing van adolessente binne die Suid Afrikaanse konteks ook iets te make het met die hopeloosheid en uitsigloosheid wat so sterk aanwesig is by jongmense met selfmoordgeneigdheid. Aangesien selfmoordkontemplering oor verloop van tyd manifesteer, behoort die verskynsel ruimte te laat vir terapeutiese intervensie. Die pastorale terapie beskik oor hermeneutiese sleutels wat hoogs versoenbaar blyk te wees met die genoemde problematiek van hopeloosheid en uitsigloosheid. 'n Verbondgedrewe pastorale benadering sou as een voorbeeld kon dien van die bydrae wat die pastorale terapie tot die bekamping van hierdie vernietigende verskynsel kon lewer.


Keywords: Pastoraat, Pastoral counselling, Selfmoord, Suicide, Jeug, Youth, Verbond, Covenant


Acta Theologica Vol.22(2) 2003: 1-11

Journal Identifiers


eISSN: 2309-9089
print ISSN: 1015-8758