Main Article Content

Die verband tussen die Christelike geloof en eensaamheid tydens laat-adolessensie: research


A. Le Roux

Abstract

The relationship between Christian faith and loneliness during adolescence


The nature and extent of the phenomenon of loneliness together with a related variable like the Christian faith, needs further investigation in order to unravel their scope and multidimensionality. The main aim of this investigation was therefore to determine whether the Christian faith and loneliness are related for late adolescents as is the case with adults (Le Roux 1998; 2000). The research group consisted of 154 first year students from the University of the Orange Free State. Their mean age was 19 years. The data were processed by means of the Pearson Product- Moment Correlation. The results firstly show that the Christian faith has a highly significant negative relationship with loneliness. Secondly, it was also evident that certain types of loneliness, viz religious, social, intrapersonal, communicative and emotional, relate very strongly with loneliness (p<0,01).

Die aard en omvang van eensaamheid as fenomeen, tesame met 'n verbandhoudende veranderlike soos die Christelike geloof, is nog nie genoegsaam ondersoek ten einde die multidimensionaliteit van hierdie verskynsels te ontrafel nie. Die hoofdoel met die ondersoek was derhalwe om vas te stel of die Christelike geloof en eensaamheid ook vir laat adolessente met mekaar verband hou soos vir volwassenes aangetoon is (Le Roux 1998; 2000). Die ondersoekgroep het bestaan uit l54 eerstejaarstudente aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. Hul gemiddelde ouderdom was 19 jaar. Die gegewens is met behulp van Pearson se Produkmomentkorrelasie-formule verwerk. Die resultate toon in die eerste plek dat die Christelike geloof 'n hoogs beduidende negatiewe verband met eensaamheid weerspie๋l. In die tweede plek dui die gegewens daarop dat sekere tipes eensaamheid, soos die religieuse, sosiale, intrapersoonlike, kommunikatiewe en emosionele, op die 0, 01%-peil met die Christelike geloof verband hou.


(Acta Theologica, 21 (1), 2001: 83-105)

Journal Identifiers


eISSN: 2309-9089
print ISSN: 1015-8758