Main Article Content

Opname van tevredenheid van B.Cur. - finalejaarstudente aan die Randse Afrikaanse Universiteit


AM Lemmer
K Jooste
AC Botes

Abstract

Die doel van die studie was om die B.Cur.-vierdejaarstudente aan die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU), van die jaar 2001, se tevredenheid ten opsigte van hulle B.Cur.-program te bepaal. Om die doelstelling te bereik, was die volgende doelwitte relevant, naamlik:

'n Beskrywing van die vlakke van tevredenheid van die B.Cur.-vierdejaarstudente aan die RAU.

'n Beskrywing van die verhouding tussen tevredenheid van die studente en hoe belangrik hulle sekere aspekte in die struktuur, prosesse en uitkomste van die universiteitsomgewing beskou.

Die navorsingstudie was binne die konteks van die RAU uitgevoer. Die B.Cur.-kurrikulum is in 1998 gewysig. Dit is 'n graadkursus wat vier jaar duur, en tot registrasie as verpleegkundige (algemene, psigiatriese en gemeenskapsverpleegkunde) en vroedvrou lei. Die vierdejaarstudente van 2001 was die eerste groep wat die hersiene kurrikulum voltooi het. Dit was dus om hierdie rede sinvol om die studente-tevredenheid te evalueer. Ten einde die doelstelling te bereik is 'n kwantitatiewe opname-ontwerp gebruik. Die totale populasie (N=18) van die B.Cur.-vierdejaargroep is gebruik. 'n Bestaande instrument wat deur die RAU se Sentrum vir Hoëronderwysstudies, in die jaar 2000 ontwikkel is, is gebruik. Die meetinstrument was in die vorm van 'n Likertskaal wat op 'n numeriese waarde van 1 tot 7 gemeet het. Twee aspekte is aangeraak: die studente se metings van hulle vlakke van tevredenheid met elke item en hulle evaluering van die belangrikheid van elke item vir studente. Die navorser het die vraelys persoonlik aan elke student uitgedeel. Al 18 vraelyste wat uitgedeel was, is terugontvang. 'n Statistiese konsultant was behulpsaam met die beskrywende statistiek (frekwensies, persentasies, korrelasies, gemiddeldes en standaardafwykings) wat gebruik is om die data te ontleed en te beskryf. Die bevindings van die navorsing dui op 'n hoë vlak van tevredenheid van die studente.


The purpose of this study was to determine the satisfaction of the B Cur fourth-year students (2001) at the Rand Afrikaans University (RAU), in terms of their B Cur programme. The following objectives were important for achieving this goal:

A description of the levels of satisfaction of the B Cur fourth year students at the RAU.

A description of the relationships between the satisfaction of the students and their rated importance of aspects like structure, process and outcomes of the university environment.

This research study was carried out within the context of the RAU. The B Cur curriculum was modified in 1998. This is a four year degree course which leads to registration as a nurse (general, psychiatric and community) and midwife. The fourth-year students of 2001 were the first group to complete their studies with the revised curriculum. Thus it was important to evaluate student satisfaction. In order to achieve the purpose of the study, a quantitative survey design was used. The total population (N = 18) of the B Cur fourth-year group participated in the survey. An existing instrument (developed by the RAU's Centre for Higher Education Studies in 2000) was used to gather data. This measuring instrument comprises a Likert scale which measures numerical values from 1 to 7. Two important aspects were addressed: the students' ratings of their levels of satisfaction with each item and the evaluation of the importance of each item to students. The researcher personally handed the questionnaires to each student. All 18 questionnaires handed out, were returned to the researcher. With the help of a statistics consultant, descriptive statistics (frequency, percentages, correlations, standard deviation and mean) were used to analyse and describe the data. The findings of the research indicate a high level of students' satisfaction with their studies.


Key words: Student / consumer satisfaction, Quality assurance, University education, Education programmes, Studente- / verbruikerstevredenheid, Kwaliteitversekering, Universiteitsopleiding, Opvoedkundige programme


(Health SA Gesondheid: 2003 8(2): 48-62)

Journal Identifiers


eISSN: 2071-9736
print ISSN: 1025-9848