Main Article Content

Anaemia prevalence and dietary intake of elderly persons living in a peri-urban settlement in South Africa


WH Oldewage-Theron
F Samuel
C Grobler
AA Egal

Abstract

Anemie in bejaardes het verskeie negatiewe gevolge vir gesondheid, algemene welstand en langslewendheid.
Bejaardes wat in peri-stedelike woongebiede woon is veral blootgestel aan risikos as gevolg van voedsel en voeding insekuriteit wat verband hou met armoede en dus lei tot ‘n koolhidraatryke dieet laag in yster, folaat en vitamien B12.
Hierdie studie ondersoek die voorkoms van anemie en die verband tussen dieetinname van verskeie nutriënte en anemie soos gemeet in ‘n steekproef van 138 swart, bejaarde respondente wat in ‘n peristedelike gebied woon in Suid Afrika. Bloedmonsters is gekollekteer en geanaliseer vir hemoglobien,
hematokrit, gemiddelde korpuskulêre volume, rooi bloedsel telling, serum ferritien, transferrien, serum yster, serum folaat en serum vitamien B12. Liggaamsmassa indeks is bepaal deur antropometriese metings en dieetinnames deur middel van ‘n
24-uur herroep. Data analises is gedoen op die “Statistical Package for Social Sciences (SPSS)” vir “Windows” uitgawe 15,0. Biochemiese parameters was vergelyk met verwysingswaardes. Gemiddeldes, standaard afwykings en mediane is vir elke parameter bepaal. Dieet innames en voedsel
verbruikerspatrone is geanaliseer deur ‘n geregistreerde
dieetkundige deur middel van die Foodfinder® edisie 3 program, wat deur die Mediese Navorsingsraad van Suid Afrika ontwikkel is. Die Levene’s t-toets vir gelykheid van variansies was
gedoen om verskille in gemiddeldes tussen mans en vrouens te bepaal en Pearson korrelasie koeffisiente was gedoen om assosiasies tussen die studie parameters te ondersoek. Die mans het betekenisvolle hoër gemiddelde waardes gehad
(p<0,05) as die vrouens vir serum hemoglobien, hematokrit en ferritien. Die voorkoms van ystertekortanemie was 12,5% in die mans en 13,2% in die vroue, en 8,3% en 4,4% mans en vroue respektiewelik het makrositiese anemie gehad. Lae serum
folaat het meer voorgekom by vroue (32,5%) as mans (20,8%), en lae serum vitamien B12 was in 29,2% van die mans en 10,5% van die vroue waargeneem. Die dieet van beide die mans en
vroue was hoofsaaklik saamgestel uit koolhidrate, maar dieet tekorte van yster, sink en vitamien B12 was groter by die vroue as die mans. Serum vitamien B12 was positief geassosieer met dieet folaat en vitamien B12 innames en serum folaat het ‘n
positiewe verband getoon met dieet inname van slegs vitamien B12. Geen betekenisvolle korrelasies is egter tussen yster status indikators en dieet inname waargeneem nie. Dit wil voorkom asof bejaarde vroue ‘n groter risiko het om anemie te ontwikkel en het meer waargeneemde yster en folaat
tekorte. Die tekort aan sistematiese studies in hierdie snel groeiende populasie groep skep ‘n probleem vir die ontwikkeling van geskikte voeding intervensies en die resultate van hierdie studie sal aangewend word vir die beplanning en implementering van volhoubare intervensie programme in hierdie bejaarde
gemeenskap.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254