Main Article Content

Curriculum review and reorientation experience


JM Green

Abstract

'n Gevallestudie word aangebied oor die herkonseptualisering van Huishoudkunde in 'n
tersiêre omgewing. 'n Behoeftebepaling en navorsing is by wyse van onderhoude met potensiële werkgewers en vorige gegradueerdes uitgevoer om die toepaslike
uitkomste van Huishoudkunde-opvoeding te
kan bepaal. Die literatuur het bykomende aanmoediging
gebied om op kleinsake-inisiatiewe, huishoudelike voedselsekuriteit en die bestuur van ontwikkelingsprojekte te konsentreer. Die
proses het die gelyktydige beplanning van
leerondervindings, vakmateriaal en hul organisasie geverg. Die aanbevelings verwys onder meer na die wyer en deurlopende betrokkenheid by die proses van alle
belangstellende universiteitspersoneel, en beter opleiding en groter ondersteuning van akademici wat veranderings aan hulle kurrikula moet aanbring.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254