Main Article Content

Dweller perceptions of public and self-built houses: Some evidence from Mangaung (Bloemfontein)


T Mehlomakhulu
L Marais

Abstract

Die artikel wend ’n poging aan om die tevredenheid
van huiseienaars met huise wat deur die staat gebou is te vergelyk met dié van inwoners wat hul huise self gebou het. Dit word deur ‘n bespreking van die teoretiese standpunte van Turner voorafgegaan. Die navorsingsmetodiek maak gebruik van gestruktureerde vraelyste (wat hoofsaaklik op die vyf-punt-Likertskaal berus), aangevul deur diepteonderhoude. Faktore wat onder andere aangespreek word, is inwoners se persepsies van positiewe en negatiewe aspekte van hulle huise, persepsies ten opsigte van kwaliteit, vensters, son en ventilasie, die instandhouding
van hulle huise asook hulle algemene tevredenheid. Ten slotte word kortliks kommentaar op die moontlike implikasies vir behuisingsbeleid gelewer.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254