Main Article Content

A home-based clothing manufacturing: The owner and the vusiness


AM van Aardt
J Kroon

Abstract

Die kompleksiteit en koste verbonde aan die gebruik van nywerheidspersele en besigheidsentrums, beter kommunikasie as gevolg van die elektroniese revolusie en die gebruik van rekenaars, die Internet en faksmasjiene, afskaling van poste en ‘n behoefte aan beter diens,
het gelei tot die onlangse oplewing in tuisondernemings. Die versoenbaarheid van sulke tuisondernemings en gesinsverantwoordelikhede het verder daartoe aanleiding gegee dat baie vroue hulle tot klerevervaardiging tuis
gewend het. Die doel van die studie was eerstens om ‘n
verkennende, beskrywende ondersoek te loods
na die gesinsomgewing waar daar kinders is
asook die demografiese eienskappe in klerevervaardigingsondernemings
tuis en tweedens om aspekte van die aanvang en funksionering van hierdie ondernemings te beskryf.
'n Gestruktureerde vraelys is by wyse van onderhoudvoering deur 'n gerieflikheidsteekproef
van 50 vroue in klerevervaardigingsondernemings
tuis voltooi. Die resultate het aangedui dat byna 75% van
die respondente getroud was. Die meeste van hulle was ouer as 30 jaar, en 34% se jongste kinders was 19 jaar of ouer. Twee derdes het ‘n kwalifikasie van matriek of laer behaal, en een derde het tersiêre kwalifikasies verwerf. Die meeste van hulle (86%) het geen formele bestuursopleiding ontvang nie, maar 62% het spesifieke
opleiding op een of ander gebied van klerevervaardiging ondergaan. Die helfte van die respondente was 'n middelkind in hul gesinne, 56% se ouers het hulle eie sakeondernemings gehad, en 80% was van die middel
sosiale klas afkomstig. Tipiese suksesfaktore in die literatuur wat in verband met klein ondernemings genoem
word, is in hierdie studie ondersoek. Faktore soos goeie diens en menseverhoudings, produkte van hoë gehalte, selfdissipline en werkywer is as die belangrikste suksesfaktore in hierdie studiepopulasie geïdentifiseer. Enkele probleme wat genoem is, het die verkryging
van kapitaal en krediet, 'n balans tussen gesinsverpligtinge en ondernemingseise, rekordhouding
en finansiële bestuur ingesluit. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat uisklerevervaardigingsondernemings besondere
voordele vir vroue met gesinne inhou. Tuisondernemings
is meer lewensvatbaar weens die klein aanvangskapitaal wat vereis word asook die lae bokoste. Na aanleiding van die bevindinge is voorgestel dat vroue in tuisklerevervaardigingsondernemings meer formele bestuursen klerebedryfsopleiding behoort te ontvang.
Die potensiaal vir tuisondernemings in Suid-
Afrika is nog nie ten volle benut nie en bied dus
goeie geleenthede vir werkskepping.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254