Main Article Content

Food habits of rural Swazi households: 1939–1999 Part 1: Technological influences on Swazi food habits


MS Kgaphola
AT Viljoen

Abstract

Hierdie artikel bied basiese inligting oor die eetgewoontes
van landelike Swazi-huishoudings. Dit bevat ‘n oorsig van die literatuur in verband met Swazi-eetgewoontes gedurende die afgelope ses dekades asook die bevindings van ’n gevallestudie oor die eetgewoontes van tien geselekteerde Swazi-huishoudings in Ka-Mantsholo in die Badplaasdistrik. Hamilton se model (1987) vir die drie komponente van kultuur, naamlik tegnologie, sosiale struktuur en ideologie, is vir die teoretiese raamwerk gebruik. Die gepubliseerde literatuur asook die bevindings van die gevallestudie dui daarop dat die beskikbare tegnologie ‘n invloed op die tradisionele asook die huidige eetgewoontes van landelike Swazi-huishoudings uitgeoefen het. Die bevindings van die gevallestudie dui op akkulturasie met betrekking tot die
eetgewoontes van hierdie groep huishoudings, veral
ten opsigte van die aanvaarding en insluiting van
sekere Westerse voedselsoorte en voedselbereidingstegnieke. Ten spyte van akkulturasie vorm tradisionele Swazi-geregte wat van inheemse gewasse en veldplante berei word, egter steeds ‘n belangrike komponent in die Swazi dieet. Tradisionele
voedsel en voedselbronne behoort dus in voedselsekuriteitsprogramme ingesluit te word. Op sy
beurt bepaal die beskikbare tegnologie die beskikbaarheid
en verbruik van hierdie voedsel.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254