Main Article Content

The 'new paradigm' of outcomes-based education in perspective


SPT Malan

Abstract

Uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) word deur
sommige as 'n paradigmaskuif in die onderwys gepropageer. Die doel van die artikel is om hierdie
aanspraak toe te lig teen die agtergrond van veral
vier onderrig- en leerbenaderings, naamlik doelwitgerigte
onderrig, bevoegdheidsgebaseerde leer, bemeesteringsleer, en kriteriumgerigte onderrig en assessering. Teen die agtergrond van die voorgemelde benaderings word getoon dat UGO nie 'n paradigmaskuif
meebring nie. UGO kan ten beste beskryf word as 'n
eklektiese onderwysfilosofie wat op die beste elemente
in hierdie onderwysbenaderings berus. Ooreenkomstig
die behoeftes en eise wat aan 'n nuwe
demokratiese Suid-Afrika gestel word, is die elemente
egter in 'n visioenêre raamwerk saamgevoeg om
aan die land se mensekragbehoeftes en werkvereis -
tes te voldoen. Daar is ook voordele aan UGO verbonde. Die belangrikste hiervan is die nasionale fokus op onderwys as 'n middel tot 'n doel en nie 'n doel op sigself
nie. ‘n Behebtheid met toetse en eksamens word
versag met behulp van deurlopende assessering, en
die resultate van sodanige assessering word in ‘n remediërende hoedanigheid aangewend. Voorbereiding
vir lewenslange leer word op dié wyse 'n hoë prioriteit.
Onderwyspraktisyns, leerders en ouers sal elkeen
hul bepaalde rol moet speel om te verseker dat UGO
'n sukses is. Dit verg uiteraard harde werk en toewyding
van diegene wat met onderwys en opleiding gemoeid
is. Praktisyns moet daarop ingestel wees om
onderrig- en leersituasies vaardig te beplan en te bestuur
sodat die beoogde leeruitkomste ten beste realiseer.
Vaardigheidsgebaseerde assessering in outentieke
omstandighede moet die basis vir betroubare
inligting van hoogstaande gehalte vorm.
Die werklike waarde van UGO sal eers beoordeel
kan word wanneer die eerste geslag leerders wat
aan die UGO-stelsel blootgestel was die arbeidsmark
betree of vir hoëronderwysopleiding aanmeld.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254