Main Article Content

The feasibility of introducing solar ovens to rural women in Maphephethe


M Wilson
JM Green

Abstract

Vorige navorsing het bewys dat die potensiaal vir
die bemagtiging van baie landelike vroue in ‘n beter
manier van beide kook en die versameling van brandhout lê. Die vele huishoudelike pligte van vroue kan so verlig word. ‘n Sonkookprojek is na aanleiding van hierdie bevinding in Maphephethe, ‘n landelike gemeenskap omtrent 80 km wes van Durban, geïnisieer.
Die doel met die projek was drievoudig: om die
sonoondtegnologie in die gebied bekend te stel, om
‘n kookprofiel op te stel ten einde die geskiktheid
van sonkookmetodes vir die plaaslike omstandighede
te bepaal, en om die mense te leer hoe om eenvoudige, goedkoop sonoonde te bou. Formele vraelyste, fokusgroepe en informele gesprekke is gebruik om die data in te samel en om die nuwe tegnologie aan die gemeenskap bekend te stel. Die resultate dui daarop dat sonkook in Maphephethe moontlik is, alhoewel sekere aspekte aandag moet geniet en die tegnologie daarvolgens aangepas moet word. Die geslagstereotipes wat aan tegnologieoordrag verbonde is, is bespreek, en
‘n pad vorentoe is aangewys om die tegnologie
meer aanvaarbaar te maak.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254