Main Article Content

The development of a strategy for the facilitation of income-generating projects in rural communities: an insider account


A-M Trollip

Abstract

Die grondslae en ontwikkeling van 'n strategie vir
die fasilitering van inkomstegenererende kunshandwerkprojekte in landelike gemeenskappe word kortliks uiteengesit. Die uiteensetting berus op gegewens
wat verkry is tydens twee opeenvolgende fases
van 'n navorsingsprojek in die Noordelike Provinsie
van die Republiek van Suid-Afrika. Drie projekte
wat sonder, en drie wat onder die leiding van
een of meer fasiliteerders gefunksioneer het, is in
die eerste fase van die navorsing bestudeer. Faktore
wat doeltreffende funksionering inhibeer is geïdentifiseer
en die rol en funksie van projekfasiliteerders
is ondersoek. 'n Aktiwiteitsmodel vir die fasilitering van inkomstegenererende projekte is op grond van die navorsingsresultate en aan die hand van die prestasiemodel van Blumberg en Pringle
(1982; aangepas deur Robbins, 1993) ontwikkel.
Gedurende die tweede fase van die navorsing is
daar by die aktiwiteite van 'n inkomstegenererings -
projek in die Winterveldt naby Pretoria ingeskakel.
Die eerstehandse insig wat so verkry is, is gebruik
om die voorgenoemde aktiwiteitsmodel te verfyn.
Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat 'n ontwikkelingstrategie voorsiening moet maak vir die ontwikkeling van menslike hulpbronne en dat die
konteks waarbinne projekte funksioneer deurentyd
in ag geneem moet word. Die doeltreffende funksionering
van projekte word deur velerlei sosiokultu -
rele en ander faktore geïnhibeer. Dit is ook noodsaaklik
dat daar van owerheidsweë inligtings - en
ander hulpstrukture geskep en in stand gehou moet
word om mikro-ondernemings te ondersteun om
winsgewend te funksioneer.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254