Main Article Content

Food habits and food preferences of black South African men in the army (1993-1994) *


AT Viljoen
GJ Gericke

Abstract

Beperkte inligting is beskikbaar oor die eetgewoontes
en voedselvoorkeure van die Suid-Afrikaanse
bevolking. Die eetgewoontes en voedselvoorkeure
van mans (16-25 jaar) wat dienspligtig was ten tye
van die studie, 1993 tot Maart 1994, is bepaal. Die
resultate van die studie het daarop gedui dat die
sewe etniese groepe (blankes, kleurlinge, Noord-
Sotho.s, Suid-Sotho.s, Tswanas, Xhosas en Zoeloes)
in twee groepe verdeel kan word op grond
van ooreenkomste in hulle eetgewoontes en voedselvoorkeure. Die blankes en kleurlinge, wat beide
tipiese Westerse eetpatrone en voedselvoorkeure
gerapporteer het, het .n groep gevorm, en die vyf
swart etniese groepe het .n tweede groep gevorm.
In .n vergelyking tussen die tradisionele en huidige
eetgewoontes van die swart bevolkingsgroepe in
Suid-Afrika, is daar .n duidelike verandering opgemerk.
Die tradisionele eetpatroon en maaltydsamestelling
is gedeeltelik vervang deur .n tipiese Westerse
eetpatroon en maaltydsamestelling. In ooreenstemming
met vorige studies is daar ook gevind
dat drie maaltye per dag teenoor die tradisionele
twee maaltye per dag algemeen voorkom. Die
maaltydsamestelling word gekenmerk deur die insluiting
van meer Westerse voedselitems.
Die eetgewoontes en voedselvoorkeure van die vyf
swart etniese groepe word in hierdie publikasie gerapporteer.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254