Main Article Content

Purchasing behaviour as a determinant of food insecurity in Klipplaat


N Ballantine
GG Rousseau
DJL Venter

Abstract

Hierdie studie poog om koopbepalers van voedselonsekerheid
onder huishoudings in Klipplaat, in die Oos Kaap, te ondersoek. Eerstens poog die studie om die verhouding tussen huishoudelike inkomstevlakke en voedselonsekerheid in Klipplaat te beraam. Tweedens beoog die studie om vas te stel of
daar 'n verhouding bestaan tussen voedselonsekerheid
en vervoertipe na winkels vir voedselaankope.
Laastens beoog die studie om te bepaal of daar 'n verhouding bestaan tussen voedselonsekerheid en eienaarskap of gebruik van 'n yskas.

Die studie maak gebruik van n aangepaste weergawe van die Huishoudelike Voedselonsekerheidtakseringskaal. 'n Gerieflikheidsteekproef (n=459) huishoudings is in Julie 2006 by die studie betrek. Die steekproef is gekenmerk deur hoë werkloosheidvlakke (86%) en lae inkomstevlakke (76% met
'n maandelikse inkomste van minder as R500).

Beskrywende en afleidende statistiek (ANOVA) is aangewend vir data-afleiding. Sowel praktiese beduidendheid as statistiekbeduidendheid is bepaal vir elk van die hipotetiese vergelykings.

Die studie het bevind dat voedselonsekerheid algemeen voorkom in Klipplaat. Inkomstevlakke het 'n beduidende invloed op voedselonsekerheidtoestande in Klipplaat. Daar is verder bevind dat voedselonsekerheid beduidend beïnvloed word deur die
beskikbaarheid,al dan nie, van doeltreffende vervoer in Klipplaat. Daarby het die gebruik van voedselverkoeling 'n kleiner maar beduidende verband met voedselonsekerheid getoon.

Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat huishoudings
'n minimum inkomstevlak, kostedoeltreffende vervoer, en verkoeling benodig om voedselon-sekerheid te verlig.

(Article text in English)

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254