Main Article Content

Methodology for the collection and application of information on food habits and food preferences in menu planning of heterogeneous groups


A Viljoen
G Gericke

Abstract

In die literatuur oor spyskaartbeplanning word daar dikwels verwys na die belangrikheid om oorweging aan kliëntfaktore (eetgewoontes en voedselvoorkeure) te skenk. Inligting oor die metodes om hierdie inligting te bekom, is goed gedokumenteer. Geen inligting word egter in die literatuur gerapporteer oor hoe die versamelde
inligting oor eetgewoontes en voedselvoorkeure
in die praktyk in spyskaartbeplanning aangewend kan word nie. In hierdie artikel word die metodologie wat toegepas is vir die bepaling van die eetgewoontes
en voedselvoorkeure van sewe verskillende etniese
groepe dienspligtiges, soos verteenwoordig in die Suid-Afrikaanse Weermag gedurende 1993 tot en met Maart 1994, gerapporteer. Die verwerking van, asook aanbevelings vir die praktiese gebruik van hierdie empiriese voorkeurinligting in spyskaartbeplanning word uitgelig.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254