Main Article Content

Purchasing efficiency in a mining food service organisatin


WH Oldewage-Theron
HS Kruger
LR Jansen van Rensburg

Abstract

Aankope sluit 'n reeks aktiwiteite in wat die keuse
en verkryging van verlangde kommoditeite of dienste
tot gevolg het. Die primêre doel van hierdie navorsing was om die effektiwiteit en doeltreffendheid van die sentrale aankoopafdeling wat vir die voedselaankope van 35 mynvoedseldienseenhede verantwoordelik is te meet voor en nadat 'n prosedurehandleiding geïmplementeer is. 'n Ander doelwit was om misverstande tussen aankopers en leweransiers op te los deur oedselspesifikasies en 'n gestandaardiseerde tenderdokument te ontwikkel en te implementeer.
Die metodologie sluit eenheidsbesoeke, vraelyste
en die toepassing van sekere kriteria vir die meet
van aankoopdoeltreffendheid en –effektiwiteit in.
Daar is 'n prysoorlog in die mynindustrie en dit is
belangrik om koste te besnoei om mededingend te
kan bly. Om hierdie rede is koste en prysverhogings
as die hoofkriteria by die meting van effektiwiteit
gebruik. Die resultate in hierdie studie dui daarop dat die
sentrale aankoopafdeling baie effektief was aangesien
prysverhogings laer as die inflasiekoers was.
Hierdie laer prysverhogings kan ook aan die implementering van die voedselspesifikasies toegeskryf
word. Die navorsing het ook bewys dat minder
misverstande voorkom wanneer voedselspesifikasies
en 'n gestandaardiseerde tenderdokument
gebruik word. Dit dra by tot beter beheer en bestuur
deur ‘n sentrale aankoopafdeling.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254