Main Article Content

Health benefits of soy beans and soy products: a review


CS Venter

Abstract

Sojabone is volop, ekonomiese dieetbronne
van proteïen. Tans word gefokus op die
moontlike rol van sojabone in die voorkoming
en behandeling van sekere degeneratiewe Westerse
siektes soos hart- en bloedvatsiektes, osteoporose en sekere tipes kanker. Heel sojabone bevat 40% proteïene, terwyl sojameel, sojaproteïenkonsentraat en geïsoleerde sojaproteïen respektiewelik 50%, 70% en 90% proteïen
bevat. Verskeie nie-nutriëntbestanddele soos isoflavone, protease-inhibeerders, fitiensuur, saponiene en fitosterole kom in sojabone voor en is moontlik vir sekere van die voordelige gesondheidseienskappe van sojabone
verantwoordelik. Die cholesterolverlagende effek van sojabone mag te danke wees aan die aminosuursamestelling daarvan, en/of verlaagde cholesterolabsorpsie of galsoutherabsorpsie, verhoogde laedigtheidlipoproteïen-(LDL-) reseptoraktiwiteite, verlaagde lewercholesterolsintese, anti-oksidantaktiwiteit of verhoogde plasmatiroksienvlakke. Die nienutriëntbestanddele van sojabone mag vir die
cholesterolverlagende, antikarsinogeniese en
beenversterkende effek verantwoordelik wees.
Meer navorsing is nodig om die meganismes
op te klaar waardeur sojabone en sojaprodukte
die gesondheid van die mens beïnvloed.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254