Main Article Content

Projective techniques in consumer research


S Donoghue

Abstract

Projektiewe tegnieke behels 'n dubbelsinnige stimulus
waarvolgens die subjek sy/haar persoonlikheid,
houdings, opinies en selfkonsep - as integrale deel
van die self - in ‘n situasie projekteer ten einde
struktuur of betekenis daaraan te gee. Projektiewe
tegnieke word in kwalitatiewe verbruikersgedrag- en
bemarkingstudies gebruik om subjekte se onbewuste
of "verskuilde" gevoelens, houdings en motiewe
bloot te lê en om stereotipiese en sydige responspatrone
uit te skakel. Projektiewe tegnieke word in kwalitatiewe verbruikersgedragnavorsing gebruik en aan die hand van
die ontwerp en struktuur, verskillende tipes en die
analise en interpretasie van data ontgin deur die
gebruik van projektiewe tegnieke beskryf.
Geldigheids- en betroubaarheidsoorwegings asook
die nadele en voordele van projektiewe tegnieke
word bespreek. Gevallestudies word beskryf om te
toon hoe projektiewe tegnieke met ander kwalitatiewe
data-insamelingsmetodes (diepteonderhoude
en fokusgroeponderhoude) gekombineer kan word
om meer insig oor die hoe, waarom en wat van verbruikers se gedrag te bekom.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254