Main Article Content

Household linkages in dispersed settlement around Pietersburg and implications for household resources management


SE Donaldson
E Boshoff

Abstract

Hierdie artikel fokus op die skakelings tussen huishoudings in drie vorige tuislanddorpe in die omgewing
van Pietersburg en Pietersburg as sentrale gebied.
Die ondersoek is vanuit ‘n stedelik-geografiese
oogpunt gedoen. Inligting oor die skakelings is in
die lig van ‘n huishoudelike hulpmiddelbestuursraamwerk
vertolk om die gevolge daarvan vir hulpmiddelbestuur
in die huishoudings in die drie dorpe te ontleed.
Volgens die huishoudelike hulpmiddelbestuursraamwerk
is huishoudings in interaksie met hul mikroömgewings
asook met die wyer omgewing. Hierdie
interaksie van die huishoudings met hul fisiese
en sosiale mikroömgewings is kortliks ondersoek
deur die huishoudings se voorkeur vir die dorpe
waar hulle woon te ondersoek. Interaksies tussen
die huishoudings en die politieke en ekonomiese
subsisteme in die samelewing is ook ondersoek
deur die skakelings wat die huishoudings met Pietersburg
en die drie vorige tuislanddorpe het, die plek waar hulle werk, waar hulle inkopies doen en van finansiële dienste gebruik maak, waar die kinders skoolgaan en waar hulle aan ontspanningsaktiwiteite deelneem, te bestudeer.
Die vertolking van die stedelik-geografiese inligting
en die implikasies daarvan vir hulpmiddelbestuur in
hierdie huishoudings het daarop gedui dat samewerking
tussen stedelike geograwe en verbruikerswetenskaplikes
vrugbaar kan wees mits aan sekere detail aandag geskenk word wanneer die navorsing beplan word. Meer besonderhede oor die implikasies van die skakeling tussen huishoudings en hul omgewings kan vanuit die stanspoor ingewin word sodat die gevolge van die skakeling ten opsigte van die huishoudings se hulpmiddelbestuur dieper insigte tot gevolg kan hê.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254