Main Article Content

Adopting a global perspective in the discipline consumer science


AC Erasmus
M Kok
A Retief

Abstract

‘n Oorwegend materialistiese waardestelsel en
blootstelling aan die kragte van ‘n ekonomiese
markstelsel, het meegebring dat die moderne verbruiker
‘n groot premie plaas op besittings en daarop
ingestel is om weelde-artikels te versamel. Met
persoonlike bevrediging as dryfveer en die strewe
om hulle lewenstyl te verbeter, gaan verbruikers
dikwels tot uiterstes om behoeftes aan goedere en
dienste te laat realiseer. As in aanmerking geneem word dat die aarde se hulpbronne beperk is en dat die huidige wêreldpopulasie reeds meer gebruik as wat vervang kan
word, is dit belangrik dat dit ons erns word om ons
bestedingspraktyke te heroorweeg en om aanpassings
te maak. ‘n Wêreldperspektief in verbruikersgedrag
word as alternatief voorgehou, dit wil sê doelbewuste aksies om ‘n volhoubare verbruikpatroon aan te moedig wat tot ‘n eenvoudiger lewenstyl sal lei en wat sal verseker dat ons verbruik nie ten koste van die minder gegoede en ook toekomstige generasies is nie.
Die basiese beginsels wat die aannames van ‘n wêreldperspektief tot verbruikersgedrag saamvat,
word genoem en kortliks bespreek. Daar word
voorts beklemtoon dat enige beroep op die mensdom
as verbruikers van hulpbronne, om te verander
en om aanpassings te maak, prakties en uitvoerbaar
moet wees om uiteindelik ‘n lewensbenadering
te kan word.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254