Main Article Content

Support for female entrepreneurs in South Africa: Improvement or decline?


RC O’Neill
L Viljoen

Abstract

Die Witskrif in 1995 van die Departement van Handel
en Nywerheid oor ‘n nasionale strategie vir die
ontwikkeling en bevordering van klein ondernemings
in Suid-Afrika het spesiale melding gemaak van die bevordering en bemagtiging van vroue in alle
bedryfsektore. Klein ondernemings bied aan
vroue toegang tot ekonomiese geleenthede by wyse
van entrepreneurskap en indiensneming. Die
klem op die ontwikkeling van vroulike entrepreneurs
was waarskynlik ‘n poging om die wanbalans tussen
die geslagte en die besit van besighede reg te
stel asook om die probleem van werkloosheid in
Suid-Afrika aan te spreek. Die vraag ontstaan of die posisie van vroulike entrepreneurs met betrekking tot finansiering, konsultasie, opleiding en die verskaffing van infrastruktuur enigsins na die verskyning van die Witskrif verander het. ‘n Delphi-ondersoek is onder kenners omtrent die ontwikkeling van vroulike entrepreneurs in Suid-Afrika uitgevoer om hulle siening van steun aan
vroue-entrepreneurs vóór en ná 1995 te bepaal.
Hoewel daar steeds struikelblokke in die weg van
vroue se toetrede tot die besigheidswêreld bestaan,
was die meeste respondente in die Delphi-ondersoek
van mening dat die posisie van vroue-entrepreneurs
verbeter het.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254