Main Article Content

Food habits and food preferences of white and coloured South African men in the army (1993–1994)


AT Viljoen
GJ Gericke

Abstract

Suid-Afrika is ‘n ontwikkelende land met ‘n sosioekonomies
heterogene en multikulturele samelewing. ‘n Voedingsoorgangsfase is waargeneem, gekenmerk
deur ‘n verandering in eetgewoontes - van ‘n tradisionele patroon na ‘n patroon wat ‘n tipies Westerse lewenstyl weerspieël, met die gepaardgaande risko vir die ontwikkeling van nie-oordraagbare siektetoestande wat met die Westerse lewenstyl geassosieer word. Inligting omtrent eetgewoontes, voedselvoorkeure en eetpatrone kan gebruik word om die negatiewe gevolge van “voeding in oorgang” te voorkom, asook vir spyskaartbeplanning.
Beperkte inligting is beskikbaar oor die eetgewoontes
en voedselvoorkeure van die Suid-Afrikaanse
bevolking. Die eetgewoontes en voedselvoorkeure
van mans (16-25 jaar) uit sewe etniese groepe in
die Suid-Afrikaanse bevolking is bepaal. Hierdie
mans was dienspligtig in die Suid-Afrikaanse Weermag
ten tye van die studie (1993 tot Maart 1994).
Die resultate van die studie het daarop gedui dat
die sewe etniese groepe (blank, kleurling, Noord-
Sotho, Suid-Sotho, Tswana, Xhosa en Zoeloe) in
twee groepe verdeel kan word. Daar is bevind dat
die blankes en kleurlinge, wat ‘n tipies Westerse
eetpatroon en voedselvoorkeure gerapporteer het,
‘n groep vorm, terwyl die vyf swart etniese groepe,
wat deels tradisionele eetgewoontes in kombinasie
met Westerse eetgewoontes volg, saam gegroepeer
kan word. Die eetgewoontes en voedselvoorkeure van die
blanke en kleurlingmans word in hierdie artikel gerapporteer.

Journal Identifiers


eISSN: 0378-5254