Main Article Content

Die ontwerp en gebruik van ’n generiese akademiese woordelys vir universiteitstudente in die onderrig-leer-konteks


DJ Cloete
Tobie van Dyk

Abstract

Dit is nodig dat universiteitstudente wat ’n nuwe, uitdagende, onbekende en robuuste omgewing betree, ook oor die nodige akademiese taalvermoë en woordeskat moet beskik om suksesvol in hulle studies te wees (Nagy & Townsend, 2012). Dit is egter makliker gesê as gedaan, want wie is veronderstel om die verantwoordelikheid hiervoor te neem en hoe behoort woordelyste en woordeskatontwikkeling by onderrigleer geïntegreer te word ten einde studiesukses aan te help? Dit is trouens selde die geval dat dosente suksesvol op woordeskatontwikkeling (ingesluit vakterminologie) in hul klasse fokus. Ten einde meer lig op hierdie aangeleenthede te werp, word as teoretiese begronding die model vir kommunikatiewe bekwaamheid en steierwerkteorie in hierdie artikel voorgehou. Aan die hand hiervan word daar aangetoon hoe generiese akademiese woordelyste, in hierdie geval die ICELDA-SADiLaRwoordelys, as ’n ondersteuningsmiddel aangewend kan word, nie net as ’n hulpbron by die skryf van ’n akademiese teks nie, maar ook vir gebruik in die groter onderrig-leer-aanbod.


Journal Identifiers


eISSN: 2958-9320
print ISSN: 0259-9570