Main Article Content

“It’s not always neat”: Psychological resources in the messy reality of university life “It’s not always neat”: Sielkundige hulpbronne in die komplekse werklikheid van universiteitslewe


Abstract

This qualitative study examined how first-year university students perceive the roles of psychological resources (resilience, hope, and optimism) in relation to student success (academic performance and well-being). Data were collected through semi-structured interviews with 13 first-year university students (7 female, 6 male, age range: 18-25). The analysis revealed that resilience played a crucial role in promoting well-being and managing emotional stressors. Students referred to the relevance of hope as a driving force for them to persist in pursuing long-term academic goals. Additionally, hope, especially in the form of critical hope, sustained motivation by combining realistic acknowledgement of systemic challenges with a forward-looking commitment to personal and collective transformation. Optimism helped students reframe setbacks positively and maintain confidence in their long-term goals. The data indicated that these psychological resources form an interdependent ecosystem that students draw on to navigate the complexity of university life. The study emphasises not only the individual importance of these constructs but also their integrative and justice-oriented role in promoting student success. Findings support the need for holistic, contextually responsive student development and support services.


Hierdie kwalitatiewe studie het ondersoek ingestel na hoe eerstejaar-universiteitstudente die rolle van sielkundige hulpbronne (veerkragtigheid, hoop en optimisme) beskou in verband met studentukses (akademiese prestasie en welstand). Data is ingesamel deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude met 13 eerstejaarstudente aan die universiteit (7 vroulik, 6 manlik, ouderdom tussen 18 en 25 jaar). Die analise het getoon dat veerkragtigheid ’n deurslaggewende rol gespeel het in die bevordering van welstand en die hantering van emosionele stresfaktore. Studente het verwys na die belangrikheid van hoop as ’n dryfkrag om volharding in die strewe na langtermyn-akademiese doelwitte te ondersteun. Daarbenewens het hoop, veral in die vorm van kritiese hoop, motivering
volgehou deur ’n realistiese erkenning van sistemiese uitdagings te kombineer met ’n toekomsgerigte verbintenis tot persoonlike en kollektiewe transformasie. Optimisme het studente gehelp om terugslae positief te herinterpreteer en selfvertroue in hul langtermyn-doelwitte te behou. Die data het aangedui dat hierdie sielkundige hulpbronne ’n onderling afhanklike ekosisteem vorm waarop studente staatmaak om die kompleksiteit van universiteitslewe te navigeer. Die studie beklemtoon nie net die individuele belang van hierdie konstrukte nie, maar ook hul geïntegreerde en geregtigheidsgerigte rol in die bevordering van studentukses. Bevindinge ondersteun die behoefte aan holistiese, konteks-sensitiewe studentontwikkeling en ondersteuningsdienste.


Journal Identifiers


eISSN: 2307-6267
print ISSN: 2311-1771