Main Article Content

Developing a campus slang dictionary for the university of Botswana


T J Otlogetswe
G Ramaeba

Abstract

This paper focuses on the study of slang on a university campus for a lexicographic project. The research was conducted at the University of Botswana, a campus comprising circa 16,000 students, most of whom are bilingual in Setswana and English, and a small population of foreign students. Very few studies and documentations of slang have been attempted in an African context (cf. Alimi and Arua 2008; Arua and Alimi 2009), in particular for lexicographic purposes. It is therefore hoped that this study will contribute to filling this paucity of literature. In general, university campuses are rich in slang since they consist of a closed group of persons. Slang is the use of informal words and expressions that are not considered standard in the speaker's language or dialect. It is not just informal but it is also considered a lower register of the standard language, therefore disapproved of by users of standard language. In addition to being common within a specific group, in this case a student group, slang is also general within an ingroup such as a gang or a clique. Because of it being proscribed, slang is usually absent from many African language dictionaries which are largely prescriptive in their documentation of the language (Otlogetswe 2006). In this paper, the design of a dictionary of campus slang is proposed that would capture the wealth of the slang of a linguistic community. The data used for the proposed dictionary was collected on the University of Botswana campus.

Keywords: Slang, Setswana, campus, lexicography, dictionaries, jargon

Ontwikkeling van 'n universiteitskampuswoordeboek van sleng aan 'n Afrika-universiteit

Hierdie artikel fokus op die studie van sleng op 'n universiteitskampus vir 'n leksikografiese projek. Die navorsing is gedoen by die Universiteit van Botswana, 'n kampus bestaande uit ongeveer 16,000 studente, die meeste van wie tweetalig in Setswana en Engels is, en 'n klein bevolkingstal vreemde studente. Baie min studies en optekeninge van sleng is in 'n Afrikakonteks onderneem (vgl. Alimi en Arua 2008; Arua en Alimi 2009), veral vir leksikografiese doeleindes. Daar word dus gehoop dat hierdie studie sal bydra tot die aanvul van hierdie gebrek aan literatuur. Oor die algemeen is universiteitskampusse ryk aan sleng omdat hulle uit 'n geslote groep persone bestaan. Sleng is die gebruik van informele woorde en uitdrukkings wat nie as standaard in die spreker se taal of dialek beskou word nie. Dit is nie net informeel nie, maar word ook van 'n laer register as die standaardtaal beskou, en gevolglik afgekeur deur mense wat standaardtaal praat. Benewens dat dit gewoon is in 'n spesifieke groep, in hierdie geval 'n studentegroep, is sleng ook algemeen in 'n binnegroep soos 'n bende of 'n kliek. Omdat dit veroordeel word, is sleng gewoonlik afwesig in baie Afrikataalwoordeboeke wat grootliks voorskriftelik in hul dokumentasie van die taal is (Otlogetswe 2006). In hierdie artikel word die ontwerp van 'n woordeboek van kampussleng voorgestel wat die rykdom van die sleng van 'n taalgemeenskap ondervang. Die gegewens gebruik vir die voorgestelde woordeboek is op die kampus van die Universiteit van Botswana versamel.

Sleutelwoorde: Sleng, Setswana, kampus, leksikografie, woordeboeke, jargon


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904