Main Article Content

Leksikografiese behoeftevervulling·


Rufus H. Gouws

Abstract

'n Meertalige, multikulturele Suid-Afrika het eiesoortige leksikografiese behoeftes en die vervulling hiervan verg indringende beplanning asook die aanwending van 'n doeltreffende organisasieteorie. In hierdie artikel word aandag gegee aan enkele prioriteite vir die vervulling van die Suid-Afrikaanse leksikografiese behoeftes. Oaar word van die standpunt uitgegaan dat die inhoud van 'n woordeboek sowel as die aanbieding van inligting gerig moet wees op 'n duidelik omskrewe teikengebruiker. Nie net die linguistiese behoeftes van hierdie gebruiker rue maar ook sy naslaanvaardighede speel 'n rol by die beplanning van 'n spesifieke woordeboek. Aan die hand van 'n metaleksik~afiese model word verskillende aspekte bespreek wat 'n invloed op die vasstelling van prioriteite in die vervulling van leksikografiese behoeftes lean M. Leksikograwe en voornemende leksikograwe moet vertroud wees met woordeboekgebruik, woordeboekkritiek, die geskiedenis van woordeboeke sowel as 'n algemene leksikografieteorie. Die waarde van beplanning en opleiding word deurgaans sterk beklemtoon. Opleiding moet rue net op woordeboekopstellers gerig wees rue maar ook op woordeboekgebruikers. Leksikografiese behoeftevervulling word makliker bereik in 'n omgewing waar 'n woordeboekkultuur reeds gevestig is.


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904