Main Article Content

Implikasies vir die leksikografie van die klassifikasie van plante en diere in die volkstaksonomie


JCMD du Plessis

Abstract

In hierdie opstel word die wetenskaplike taksonomiese stelsel met die volkstaksonomiese stelsel gekontrasteer deur die gebruik van relasionele semantiese modelle: die basis vir eersgenoemde is hoofsaaklik meronimie, terwyl die vir laasgenoemde veral modifikasie is. Ooreenstemmend met hierdie steIsels kan twee soorte woordeboeke onderskei word: die ensiklopediese woordehoek en die standaardwoordeboek wat gebaseer is op ekstensionele en stereotipiese konsepte onderskeidelik. In 'n wetenskaplik gebaseerde kultuur beiiwloed die wetenskaplike taicsonomiese konsepte die volkswe~enskaplike konsepte van plante en diere. Hierdie feit behoort In aanmerking geneem te word by definisies in 'n omvattende verklarende woordeboek wat op Prototipiese konsepte gebaseer is en 'n plek tussen die ensikiopediese woordeboek en die standaardwoordeboek inneem.

Sleutelwoorde: leksikografie, wetenskaplike taksonomie, volkstaksonomie, semantiese relasies, meronimie, modifikasie, omy atiende verklarende woordeboek, ensiklopediese woordeboek, st andaardwoordeboek


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904