Main Article Content

Wat maak ons met die skarminkel in die jonkmanskas, of: aspekte van die gesag van die woordeboekl


FF Odendal

Abstract

Oit is algemeen bekend dat die gewone taalgebruiker 'n buitengewone gesag aan die woordeboek toeken, wat 'n geweldige verantwoordelikheid op die skouers van die leksikograaf plaas. Veral die taalkundige gegewens moet bo verdenking wees. Hoe moeilik dit is om altyd hierdie gegewens te bekom, word aan die hand van 'n vyftal voorbeelde geillustreer. Spesiale aandag word verder gevestig op die probleem van die verskuiwing in betekenis wat nog nie vol-toai is nie. Vervolgens word die kwessie van die teestelling deskriptief/preskriptief aan die orde gestel. Die meeste taa1kundiges bring Iippediens aan die standpunt dat 'n woordeboek net deskriptief mag wees. Skrywer probeer aantoon dat geen woordeboek hieraan voldoen nie: reeds die weglaat van 'n woard of vorm is at preskripsie; verder word die taal beskryf van die Opgevoede, of 'n bepaatde gerespekteerde groep, nie van alle sprekers nie. Die gebruiker van die wOordehoek eis leiding, en dan oak duidelike leiding van die leksikograaf. Skrywer stel hom tans, anders as vroeer, op die standpunt dat die woordeboekmaker, by name die maker van 'n handwoordehoek, nie moet skroom om hierdie leiding duidelik te gee nie, dus preskriptief moet wees, indien nodig selfs op blatante wyse.

 

Sleutelwoorde: Gesag v an die woordeboek, verantwoordelikheid, verskulwing in betekenis, teestelling deskrlptief/preskrlptief, handwoorde_ boek, gebruikersleiding, leksikografie


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904