Main Article Content

Die leksikografiese hantering van neo-klassieke en pseudo-sintaktiese komposita


AE van Niekerk

Abstract

Die inkonsekwente hantering van neo-klassieke en pseudo-sintaktiese komposita in bestaande woordeboeke kan veral toegeskryf word aan onsekerheid oor die morfologiese status van die genoemde woordvormingsprodukte en die negering van hul kompositumstatus. Neo-klassieke komposita bestaan uit die kombinasie van 'n (gewoonlik) Griekse of Latynse woordelement met 'n ander element (affiks of starn). Die Griekse of Latynse elemente funksioneer soas affikse, maar hul kombineerbaarheid met affikse om woorde te vorm, bring hul affiksstatus in die gedrang. Hierdie elemente verskil boonop morfologies en semanties dusdanig van affikse dat daar na hulle as neo-klassieke stamme verwys kan word. Die leksikografiese hantering van die Griekse en Latynse woordelemente - dit kan begin- of eindkomponente wees - is tot dusver nie op 'n suiwer linguistiese grondslag geplaas nie. Die tendens om in woordeboeke so os die Verklarende Handwoordeboek tlan die Afrikaanse Taal (HAT) en Nasionale Woordeboek (NW) groter leksikografiese prominensie aan eerste stamme bo slotstarnme te verleen, berus byvoorbeeld op die tradisioneel woordgebaseerde struktuur van woordeboeke. Neo-klassieke starnme behoort as subleksikale lemmas ingesluit te word en waar die genoemde subleksikale items betekenismatig verband hou met leksikale variante, moet die leksikograaf die betekenisverhouding met behulp van duidelike kruisverwysings ekspliseer. Etimologieleiding word nie in HAT en NW by vreemde woordelemente konsekwent deurgevoer nie, maar kan 'n enkoderende waarde he en is as sodanig waardevol vir die woordeboekgebruiker. Fonologiese leiding ten opsigte van variasie by beginkomponente of klemplasing is eweneens nuttig omdat die inligting nie geredelik voorspelbaar is nie. Wat die hantering van subleksikale lemmas betrel, moet die leksikograaf - ongeag die status wat hy aan die elemente wil toeken - 'n eenvormige beskrywingspatroon handhaaf. Die leksikograaf durf nie die produktiwiteit van neo-klassieke komposita miskyk en hul insluiting of weglating na willekeur laat geskied nie. Die pseudo-sintaktiese komposita vorm as meerwoordige leksikale items 'n ortografiese en betekeniseenheid. As enkele leksikonitems kwalifiseer dusdanige kompasita vir opnarne in die woordeboek. By die leksikografiese hantering van pseudo-sintaktiese komposita moet aile reels wat vir gewone leksikale items geld, in aanmerking kom. Deeglike konteksleiding, weldeurdagte kruisverwysings en getalsaanduidings wat met die werklike taalgebruik strook, is onontbeerlik. Die opnarne van meerwoordige leksikale items moet semanties, maar ook leksikologies gemotiveer kan word. Die leksikografiese bewerking van neo-klassieke en pseudo-sintaktiese komposita vra om 'n benadering wat deur groter konsekwentheid en omsigtigheid gekenmerk word. Hieraan behoort leksikograwe in die toekoms noukeuriger aandag te skenk.


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904