Main Article Content

Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands IN DIE ontwikkeling van die Afrikaanse Leksikografie onder Nederlandse invloed: Verklarende standaardwoordeboeke


Gerda Odendaal

Abstract

Opsomming: Hierdie artikel stel ondersoek in na die rol van die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie deur hulle betrokkenheid by twee verklarende standaardwoordeboeke, te wete die Verklarende Hand-woordeboek van die Afrikaanse Taal en Nasionale Woordeboek. Dit word gedoen teen die agtergrond van die invloed van Nederlands op die Afrikaanse leksikografie. Daar word veral gedui op die invloed van Nederlands op dié woordeboeke op sowel makro- as mikrostrukturele vlak. Daar word egter ook gedui op die geleidelike losbreek van die Nederlandse invloed en die bydrae van hierdie woor-deboeke tot die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie. Wanneer die ooreenstemmende uit-gawes van dié woordeboeke met mekaar vergelyk word, word daar tot die gevolgtrekking gekom dat Nasionale Woordeboek minder Nederlandse invloed as die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal blyk te toon. Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal het egter veral sedert die begin van die negentigerjare (nadat daar nie verdere uitgawes van Nasionale Woordeboek verskyn het nie) stadig maar seker begin om van Nederlandse invloed weg te breek, sodat die jongste uitgawe van dié woordeboek blyke gee van Afrikaans as 'n selfstandige taal wat nie langer op Nederlands hoef te steun nie.

 

 Sleutelwoorde: Universiteit Stellenbosch, Departement Afrikaans En Nederlands, Afrikaanse Leksikografie, Nederlandse Invloed, Neerlan-Disme, Verklarende Standaardwoordeboek, Verklarende Handwoordeboek Van Die Afrikaanse Taal, Kernwoordeboek, Nasionale Woordeboek

 

 


Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904