Main Article Content

Geïntegreerde woordeboekgebruik van vakwoordeboeke vir aanleerders


R Gouws

Abstract

Na 'n kort bespreking van aanleerderwoordeboeke en vakwoordeboeke word die fokus verskuif na vakwoordeboeke vir aanleerders. Die aanleerders wat hier ter sprake kom, kan aanleerders van 'n taal en/of aanleerders van 'n vakgebied wees. Albei hierdie tipes leerders word bespreek asook daardie vakwoordeboeke wat op aanleerders van sowel 'n taal as die vak gerig is. Met verwysing na die Suid-Afrikaanse leksikografiese omgewing en die opdrag van die nasionale woordeboekeenhede, word aangevoer dat vakwoordeboeke vir aanleerders 'n wesenlike rol kan speel in die vestiging van 'n woordeboekkultuur, maar ook die voorkoming van 'n verdere leksikografies verlore generasie. Die konsep van geïntegreerde woordeboekgebruik word ingevoer en bespreek, met spesifieke verwysing na vakwoordeboeke vir aanleerders. Die voordeel van mul-tiveldvakwoordeboeke vir aanleerders word aangetoon en aspekte van verskillende strukture van sulke woordeboeke word bespreek. Daar word aangevoer dat vir sulke woordeboeke 'n geamalga-meerde sentrale teks verkieslik is bo 'n geamalgameerde makrostruktuur.

Sleutelwoorde: aanleerderwoordeboek, geamalgameerde makrostruk-tuur, geamalgameerde sentrale teks, geïntegreerde binneteks, geïnte-greerde woordeboekgebruik, kognitiewe funksie, kommunikatiewe funk-sie, laaistruktuur, leksikografies verlore generasie, leksikografiese funk-sies, multiveldvakwoordeboek, sistematiese inleiding, toegangstruktuur, vakwoordeboek, vakwoordeboek vir aanleerders, woordeboekgebruiks-pakket, woordeboekkultuur, woordeboektipologie

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904