Main Article Content

Die opvoedkundige waarde van woordeboeke: Voorstelle vir woor-deboekonderrig in Suid-Afrika


M van der Merwe

Abstract

Die idee van woordeboekonderrig in die laerskool het nog nie baie aandag in die opvoedkunde en leksikografie in Suid-Afrika getrek nie. Tans word uitkomsgebaseerde onder-rig as model in Suid-Afrikaanse skole gebruik en woordeboekonderrig kan baie goed binne dié opset geakkommodeer word. In die artikel word probeer om woordeboekonderrig te definieer en aangetoon watter uitkomste in verband met woordeboekgebruik deur leerders in die intermediêre fase bereik behoort te word. 'n Model om die proses van woordeboekonderrig te illustreer, word aangebied. Praktiese voorbeelde van toepaslike woordeboeke vir gebruik in die klaskamer word bespreek. Die verwagting word gestel dat sowel opvoeders as ouers bewus moet word van die voordele van woordeboekgebruik en leerders moet aanmoedig om woordeboeke te gebruik.

Sleutelwoorde: woordeboekonderrig, opvoedkunde, leksikografie, uit-komsgebaseerde onderrig, kurrikulumverklaring, taalhandboek, woor-deboekgebruik, taalvaardigheid, taalonderrig, hulpmiddel, woordeboek-vaardighede, woordeboekkultuur, naslaanvaardighede, primêre na-slaanvaardighede, sekondêre naslaanvaardighede, woordeboekfunk-sies, woordeboekinligting, buiteteks, woordeboekuitkomste, opvoedkun-dige doel, pedagogiese woordeboek, skoolwoordeboek, aanleerderwoor-deboek, internetwoordeboek, selfoonwoordeboek, teksresepsie, tekspro-duksie, kommunikatiewe funksie, kognitiewe funksie.

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904