Main Article Content

Uitdagings vir die Afrikaanse leksi-kograaf ten opsigte van Nederland-se lemmata in 'n vertalende Neder-lands–Afrikaanse woordeboek*


C Swart

Abstract

Voor Pampus liggen het 'n oordragtelike betekenis en idiomatiese status in Ne-derlands verwerf, maar is gewoonlik onbekend aan die Afrikaanse leksikograaf buite die Neder-landse konteks. Vir 'n Afrikaanse leksikograaf met sy unieke verwysingsraamwerk en kulturele en sosiale waardeoordele word dit slegs in 'n Nederlandse milieu duidelik waarom die leksikografiese redigering van Nederlandse lemmata in 'n vertalende Nederlands–Afrikaanse woordeboek so 'n groot uitdaging inhou, ten spyte van die feit dat die twee tale so nou verwant is. Taalversteuring en -beïnvloeding vind makliker plaas tussen nou verwante tale. Taalrelatiwisme impliseer dat elkeen van die betrokke tale 'n unieke soort perspektief op die taaleie werklikheid bied vanweë 'n unieke lewens- en wêreldbeskouing wat 'n inherente deel uitmaak van 'n betrokke moedertaal. Belangrike metaleksikografiese riglyne sluit die oordeelkundige aanwending van pragmatiese leiding (bv. etikette), goedgekose, verhelderende sitate en poëme en relevante gebruiksleiding in. Dit kan die teikengebruiker van 'n vertalende woordeboek 'n insig gee in die unieke en kultuurspesifieke woordeskatelemente wat die tale van mekaar onderskei.

Sleutelwoorde: nou verwante tale, vertalende nederlands–afrikaanse woordeboek, brontaal, doeltaal, skuiffunksie, omkering, kombinasielem-ma, unieke verwysingsraamwerk, sosio-kulturele waardeoordele, taal-versteuring en -beïnvloeding, taalrelatiwisme, sapir–whorf-hipotese, lin-guistiese relatiwiteit en determinisme, metaleksikografiese riglyne, kol-lokasies, etikette, pragmatiese leiding, sitate, poëme, gebruiksleiding, rame, metataal, tweetalige leksikografie

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904