Main Article Content

'n Vertalende vakwoordeboek van politieke terme


M Alberts

Abstract

Staatkundige en Verwante Terminologie wat in 1990 verskyn het, is aansienlik deur die Sentrum vir Politieke en Verwante Terminologie in Suider-Afrikaanse Tale (SEPTSA) hersien en bygewerk ten einde dit as die Nuwerwetse Politieke Woordeboek te publiseer. Die verskillende stadia in die hersiening en uitvoering van die projek word bespreek. Die hersiening bevat heelwat meer terme as die vorige publikasie en verskeie bylaes word ingesluit. Aandag word gegee aan die waarde van die tweetalige vertalende en die beplande meertalige verklarende politiekewetenskap-peprojek binne die Suid-Afrikaanse en wêreldkonteks. Nuutskeppings en verskeie probleemterme word bespreek, spelling- en transliterasieprobleme wat by die verafrikaansing van ontleende terme ontstaan het, word behandel, en winste uit sowel die inheemse tale as uit vreemde tale word beskou. 'n Oorsig word gegee van 'n verskeidenheid funksionele agtervoegsels wat baie produktief in die Nuwerwetse Politieke Woordeboek gebruik word. Die woordeboek bevat 'n aansienlike aantal afkortings vir volvorme. 'n Aanduiding word gegee van die soort afkortings wat in die woorde-boek opgeneem is. Die bylaes bygevoeg by die woordeboek word bespreek, en die artikel sluit af met 'n oorsig oor toekomsplanne.

Sleutelwoorde: afkorting, akroniem, meertalige vakwoordeboek, nuut-skepping, probleemterm, term, terminologie, termskepping, tweetalige tweerigting vertalende vakwoordeboek, tweetalige vakwoordeboek, verafrikaansing, verklarende woordeboek, vertalende woordeboek, vol-vorm

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904