Main Article Content

Standaardwoordeboek en kern-woordeboek: 'n Vergelykende evaluering


H Beyer

Abstract

Hierdie artikel probeer om 'n evaluering te gee van die vierde uitgawe van die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal wat in 2000 verskyn het, in vergelyking met Kernwoordeboek, waarvan die eerste uitgawe in 2000 gepubliseer is. Die ooreenkomste en verskille tussen die eksponente van hierdie twee woordeboektipes in die Afrikaanse leksikografie word uitgelig deur te fokus op die voorwerk, die makrostruktuur, die toegangstruktuur en aspekte van die mikrostruktuur in die sentrale teks. Gebruikersvriendelikheid en die leksikograaf se plig om verantwoording aan die gebruiker te doen, geld as belangrike kriteria. Die konsep kernwoordeskat vir leksikografiese doeleindes word ondersoek en metodes om die kernwoordeskat as makro-struktuur van 'n kernwoordeboek te bepaal, word krities beskou. Ander Afrikaanse woordeboeke word vergelykend betrek ten einde bepaalde aspekte van heersende leksikografiese praktyk uit te wys.

Sleutelwoorde: eksterne toegangstruktuur, frekwensie, gebruikers-vriendelik, interne toegangstruktuur, kernwoordeboek, kernwoordeskat, leksikale item, leksikograaf, leksikografie, leksikon, lemma, lemmateken, lemmatisering, makrostruktuur, metateks, mikrostruktuur, nesting, nisting, seleksie, sentrale teks, standaardtaal, standaardwoordeboek, sublemmatisering, teksverdigting, tipologie, toegangstruktuur, toelig-ting, verantwoording, voorwerk, woordeskat

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904