Main Article Content

Oor die verhouding tussen woordeboekstrukture, woordeboek- inhoud en leksikografiese funksies


R Gouws

Abstract

Navorsing op die gebied van die metaleksikografie het oor die laaste paar dekades 'n betekenisvolle fokusverbreding ondergaan. Die aanvanklike fokus was veral op die woordeboekinhoud. Mettertyd het die fokus verskillende woordeboekstrukture ingesluit en tans val leksikografiese funksies binne die bestek van metaleksikografiese navorsing. Al drie hierdie komponente van die leksikografie is ter sake vir die beplanning en samestelling van gebruiker-gedrewe woordeboeke. In hierdie artikel word aangetoon dat die vertrekpunt in die beplanning van 'n nuwe woordeboek nie in die eerste plek 'n bestaande woordeboek moet wees nie. Die tei-kengebruiker moet die vertrekpunt van die hele leksikografiese proses uitmaak. Dit moet lei tot die vasstelling van leksikografiese funksies, die keuse van leksikografiese data en die bepaling van die relevante woordeboekstrukture. Hierdie strukture moet die data op so 'n manier aanbied dat die gebruiker in staat is om 'n optimale onttrekking van inligting te bereik. Terselfdertyd moet die leksikografiese funksies van die woordeboek probleemloos vervul kan word.

Sleutelwoorde: dataverspreidingstruktuur, gebruikergedrewe benade-ring, gebruikersituasie, gebruikersperspektief, gebruiksituasie, kennisge-rigte funksies, kommunikasiegerigte funksies, leksikograaf, leksikogra-fiese data, leksikografiese funksies, leksikografiese proses, teksproduksie, teksresepsie, toegangstruktuur, woordeboekbeplanning, woordeboekge-bruiker, woordeboekinhoud, woordeboekstrukture

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904