Main Article Content

Die hantering van teenoorgesteldheid in enkele tipes woordeboeke, toegelig met Afrikaanse voorbeelde


A Otto

Abstract

Hoewel teenoorgesteldheid tot dusver deur baie leksikograwe as 'n bonus beskou is in die meeste tipes woordeboeke, word in hierdie artikel aangevoer dat hul insluiting verpligtend behoort te wees in aanleerderwoordeboeke en dat dit ook van groot nut kan wees in verskeie ander tipes woordeboeke. Eers word 'n uiteensetting gegee van verskillende tipes teenstellingsverhoudings. Daarna word die hantering van teenoorgesteldheid toegelig met Afrikaanse voorbeelde, in drie tipes woordeboeke bespreek met betrekking tot twee kategorieë: inligting in die toeligtingsgedeelte en in die alfabetiese gedeelte. Met verwysing na die pluspunte sowel as die tekortkominge in die bespreekte woordeboeke, word voorstelle ter verbetering van die hantering van teenoorgesteldheid in hierdie woordeboeke gemaak, bv.: (1) die term teenoorgesteldheid behoort duidelik omskryf te word in die toeligtingsgedeelte, (2) die leksikale items waarby teenoorgesteldes aangedui kan word, behoort as lemmas op hulle alfabetiese plekke opgeneem te word, (3) die teenoorgesteldes van hierdie lemmas behoort by dié lemmas aangedui te word, en (4) die mees frekwente teenoorgesteldes kan deur middel van korpusontleding geïdentifiseer word.

Sleutelwoorde: aanleerderwoordeboek, alfabetiese gedeelte, antonimie, definiëring, eentalige woordeboek, kruisverwysings, leksikografie, lemma, semantiese opposisie, teenoorgesteldheid, toeligtingsgedeelte, tweetalige woordeboek

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904