Main Article Content

Die bewerking van idiome in tweetalige woordeboeke


L Potgieter

Abstract

Woordeboeke is belangrike en noodsaaklike hulpmiddels vir vertalers, maar tog het baie vertalers gemengde gevoelens oor veral tweetalige woordeboeke. Terwyl hulle aan die een kant nie werklik sonder hulle kan werk nie, bied tweetalige woordeboeke aan die ander kant dikwels vir die vertaler min of geen leiding. Dit blyk ook dat tweetalige woordeboeke nie voldoende hulpmiddels vir professionele vertalers is by die vertaling van idiome nie. Teorieƫ betreffende en benaderings tot vertaling word in die bespreking betrek. Die vertaling van idiome behels meer as net die vertaling van enkelwoorde. In hierdie artikel word aandag gegee aan die huidige bewerking van idiome in tweetalige woordeboeke sowel as die probleme waarmee vertalers gekonfronteer word by die vertaling van idiome.

Sleutelwoorde: idioom, tweetalige woordeboek, vertaalekwivalwent, absolute ekwivalensie, gedeeltelike ekwivalensie, divergensie, zero-ekwivalensie, surrogaatekwivalensie, registerverskille, onvasthede, taalbousels

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904