Main Article Content

Ostensiewe illustrasies as mikrostrukturele items in verklarende skoolwoordeboeke gerig op leerders in die junior sekondêre fase*


P Louw

Abstract

'n Verklarende skoolwoordeboek gerig op leerders in die junior sekondêre fase moet, in die Suid-Afrikaanse konteks, gebruikersgerigte praktyke navolg om op kommunikatiewe en pedagogiese vlak waarde toe te voeg vir beide moedertaal en niemoedertaalsprekende leerders. Een so 'n praktyk is die opname van ostensiewe illustrasies as mikrostrukturele items om die oordrag van pragmatiese en semantiese data te bevorder. In hierdie artikel word die waarde van ostensiewe illustrasies en hulle relevansie binne 'n verklarende skoolwoordeboek gerig op leerders in die junior sekondêre fase beoordeel, waarna sekere voorbehoude rakende hulle gebruik behan-del word. 'n Besluit om wel ostensiewe illustrasies op te neem, noodsaak verder 'n bespreking van waar om hierdie items in die mikrostruktuur te plaas sowel as 'n bespreking van verskillende tipes illustrasies wat vir opname in die woordeboektipe onder bespreking geskik sal wees. Vervolgens word 'n kritiese evaluering van die hantering van ostensiewe illustrasies in 'n eg Suid-Afrikaanse verklarende skoolwoordeboek gerig op leerders in die junior sekondêre fase gegee en voorstelle gemaak vir 'n verbeterde mikrostrukturele behandeling wat aan die eise van die gebruikersper-spektief voldoen. Laastens word die kwessie van noodsaaklike mediostrukturele ondersteuning vir hierdie datatipe in die vorm van presiese, omvattende kruisverwysings, ter sprake gebring. Hierdie artikel probeer dus om kriteria vir die suksesvolle leksikografiese hantering van ostensiewe illustrasies aan te bied.

Sleutelwoorde: Byskrifte, Byvoeglike Naamwoord, Groepillustrasie, Ju-Nior Sêkondere Onderrigfase, Kommunikatiewe Waarde, Kruisverwysings, Mikrostrukturele Items, Ostensiewe Illustrasies, Pedagogiese Waarde, Self-Standige Naamwoord, Struktuurmerkers, Verklarende Skoolwoordeboek, Voorbeeldmateriaal, Werkwoord

Journal Identifiers


eISSN: 2224-0039
print ISSN: 1684-4904